Namibië wen net een medalje in Mauritius

Namibië het net een medalje in die 2022 Afrika Senior Atletiekkampioenskappe in Mauritius wen. Die 22-jarige Namibiese diskusgooier Ryan Williams het ‘n brons medalje op die tweede dag gewen toe hy 54 meter met die diskus gegooi het. Van al die Afrika-lande, het Namibië heel laaste gekom. Kenia het die meeste medaljes gewen gevolg deur Suid-Afrika. Tog sê die president van Atletiek Namibië, Erwin Naimhwaka, aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is tevrede met die span se vertoning vergeleke met 2018.