Bok-vroue speel Kenia die naweek

Die Springbok-vroue pak Kenia die naweek by die Universiteit van die Wes-Kaap in Kaapstad. Die span het die laaste paar weke hard gewerk ter voorbereiding vir volgende maand se internasionale toernooi. Die hulpafrigter, Laurian Johannes Haupt, sê hoewel Suid-Afrika Kenia in Mei 48-nul verslaan het in die Rugby Afrika Vrouebeker in Madagaskar, sal hulle Saterdag niks as vanselfsprekend aanvaar nie: