Boere ‘nie ‘n goedkoop bank vir Meatco’

Meatco se betaling aan produsente wat hy na berigte 350 miljoen Namibiese dollar skuld, al vir sowat 90 dae, lok steeds reaksie uit. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou-minister Calle Schlettwein gepraat, wat verlede jaar in September toegetree het nadat boere ook nie op tyd betaal is nie. Hy het toe gesê Meatco val nie onder hom nie, maar boere is sy verantwoordelikheid. Schlettwein sê boere kan nie ‘n goedkoop bank vir Meatco wees nie en hy hoop dat die situasie binnekort uitgestryk sal word.