Boere gebruik hommeltuie in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se besluit om vernuwing en tegnologie te aanvaar, het vrugte afgewerp met 17 hommeltuig-vlieëniers wat hierdie week hul vlerke gekry het. Premier Alan Winde het die seremonie by die Elsenburg-landbou-instituut naby Stellenbosch bygewoon en sê die vlieëniers dra by tot die toename in tegnologiese kundigheid wat beter landbouproduksie in die provinsie sal verseker. Hy het gesê hul opleiding is ‘n voorbeeld van die vernuwing en behendigheid wat nodig is om Wes-Kaapse boere ‘n voorsprong te gee.