Grondlose Mense Beweging se leiers weer in die nuus

Die Grondlose Mense Beweging se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb wat uit die parlement geskors is, het die kwessie volgens ‘n Afrika Politieke Analis, Dr Charles Sinkala op ‘n professionele manier hanteer. Hy sê hulle het die hofuitspraak gerespekteer alhoewel dit nie in hul guns was nie en is volgens hom ‘n aanduiding van goeie demokratiese instellings in Namibië..