Billike toegang tot grond by werkswinkel deur aktiviste bespreek

Die Namibiese Burgerlike Samelewingorganisasie se werskgroep op grondhervorming is op die oomblik besig met ‘n werkswinkel in samewerking met grond aktiviste en die Evangeliese Lutherse Kerk, om te kyk na kwessies in verband met kommersiële grond, sowel as die beleid van onteiening met regverdige kompensasie. Volgens Uhuru Dempers, een van die organiseerders, is daar verskeie menings wat aangehoor moet word.