Vinnige ontstaan van variante wek kommer

‘n Nuwe Covid-19 variant, C.1.2, wat in Suid-Afrika en verskeie ander lande bevestig is, strek tot kommer onder internasionale gesondheidskenners. Die mutasie is ook al in China, Engeland, Nieu-Seeland, Portugal, Switserland en selfs die DRK bevestig. Nuwe navorsing in Suid-Afrika toon die mutasie bied weerstand teen die inentings en is meer aansteeklik. Dr. Naseeba Kathrada, die stigter van I Can Make a Difference in Suid-Afrika en geneesheer van Durban, sê haar kommer is oor nuwe variante wat muteer.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *