Katrina gedagvaar vir laster

Die voormalige Namibiese onderwysminister, Katrina Hanse-Himarwa, wat in Julie 2019 skuldig bevind is op klagte van korrupsie, word deur ‘n Swapo sentrale komitee-lid, Colleen van Wyk, vir laster gedagvaar. Van Wyk vra skadevergoeding van 250 000 Namibiese dollar. In haar stukke voor die hof sê Van Wyk dat Hanse-Himarwa op 25 en 26 Februarie vanjaar verskeie aanmerkings op Facebook oor haar gemaak. Van Wyk meen dat daar na haar verwys word as ‘n dier, dat sy tussen Swapo en opposisie partye beweeg en dat sy moet bewys vir wie sy gestem het. Dit maak van haar oneerlik, en ontrou, veral teenoor Swapo en bring haar karakter in twyfel. Hanse-Himarwa verdedig die saak maar het nog nie stukke ingedien nie. Regter Shafimana Ueitele sal vandag saak beplanning saam met die partye doen.