Biden verloor steun as gevolg van sy blinde ondersteuning van Israel
Die krisis in die Midde-Ooste oorheers die internasionale nuustoneel. Die kwessie veroorsaak geopolitieke verskuiwings en toenemende spanning tussen die Weste en Ooste. Amerika is Israel se grootste en belangrikste bondgenoot en president Joe Biden kom onder skoot veral onder sy partylede en die publiek, oor sy volgehoue ondersteuning van Israel. Sy aanmerkings oor Gaza se gesondheidsministerie het groot kritiek uitgelok.