Biden beoordeel Putin, Xi se afwesigheid

Amerika se president, Joe Biden, bevraagteken sy Russiese en Chinese ampsgenote se afwesigheid by die Verenigde Nasies se COP26-klimaatberaad in Glasgow, en sê dis ‘n groot fout. Hy het ná die tweede dag van die belangrike vergadering in die Skotse hoofstad met die media gepraat. Biden sê Xi Jingping het weggestap van die grootste kwessie van ons tyd, terwyl Vladimir Putin hom nie verbind tot ambisieuse klimaatsdoelwitte nie. Britse media berig dat Biden sê die twee lande het die vermoë verloor om die wêreld se mense te beïnvloed.