Beurtkrag se sekondêre impak is groot, terwyl Gwede sê dis nie hulle skuld nie

Die voortdurende kragkrisis in Suid-Afrika bly in die nuus. Behalwe dat die minister van myne en energie Gwede Mantashe sê dat die onregverdig is om die krisis op die regering te blameer, word berigte van skade aan infrastruktuur ontvang. Johannesburg se kragvoorsiener, City Power, sê hoër fases van beurtkrag beskadig die stad se netwerk. Die kragvoorsiener se kwesbare infrastruktuur swig onder die druk van kragonderbrekings. Die woordvoerder, Isaac Mangena, sê die stelsel is nie ontwerp om herhaaldelik aan- en afgeskakel te word nie. Mangena voeg by weens die voortdurende onderbrekings, verhoog die moontlikheid van diefstal en vandalisme: