!Gawaxab vergader met goewerneurs in Ghana, Botswana

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het met goewerneurs van Botswana en Ghana ontmoet om finansiële stabiliteitskwessies en ekonomiese ontwikkelings te bespreek. Inflasie, wat regoor die vasteland en die wêreld ‘n uitdaging is, sowel as die potensieel vir ‘n resessie, het ook onder die loep gekom. Luidens ‘n mediaverklaring het die goewerneurs digitale transformasie van onderskeie instellings, digitale geldeenhede en finansiële insluiting bespreek. Oplossings is ook gesoek vir uitdagings met ‘n groeiende informele ekonomie en hoe om die handelaars by die formele ekonomie in te sluit.