Unam skenk vier respiratoriese masjiene

Die Universiteit van Namibië het sedert die begin van die pandemie bystand aan die regering gebied in verband met toetse, inentings en meer. Die jongste bydrae is vier respiratoriese masjiene ter waarde van 705 000 Namibiese dollar wat aan die gesondheidsministerie geskenk is. Die skenking is as gevolg van Unam se vennootskap met die Radboud Universiteit in Holland. John Haufiku, woordvoerder van Unam…