VSA se speaker-debakel ‘n verleentheid vir Biden

Amerikaanse president Joe Biden het die gebeure in Capitol Hill as ‘n verleentheid beskryf nadat die Huis van Verteenwoordigers vir ‘n sesde keer nie daarin kon slaag om ‘n nuwe speaker te verkies nie. Die Republikeine het in November se middeltermyn-verkiesing ‘n skrale meerderheid behaal , maar hul voorkeur-kandidaat, Kevin McCarthy, kan steeds nie genoeg steun van sy eie lede inwin om verkies te word nie. Sowat 20 regsgesinde Republikeine steun Byron Donalds en weier botweg om vir McCarthy te stem,  ondanks oudpresident Donald Trump se oproep om eenheid.