Beleggers kan nou oorsee belê

Arysteq Asset Management, Namibië se voorste boetiek-batebestuursmaatskappy, het ‘n eerste in sy soort wêreldwye aandelefonds vir Namibië bekendgestel. Die Arysteq Global Opportunities Fund is laat in 2020 gestig en het in April 2021 goedkeuring van Namfisa as ‘n effektetrustfonds verkry. Purvance Heuer, die besturende direkteur of Arysteq Batebestuur het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê beleggers kry die geleentheid om te belê in aandelemarkte soos die VSA, die Verenigde Koninkryk, Europa, Japan en Hongkong.