Covid is die “bodem van die hel” – Steve

Die Suid-Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr sê Covid as die grootste terugslag ooit beskryf maar sê hy raak by die dag beter. Hofmeyr, 57, het die virus verlede maand opgedoen. Hy sê sy longe is baie stram maar hy kan reeds ligte takies doen. Hy het ook minder suurstof nodig. Hy het voorheen gesê hy is na die bodem van hel met die virus en het die benoudste tye van sy lewe beleef as gevolg daarvan. Hy sê as hy alles oorleef sal hy die siekte onthou as die grootste terugslag op die slegste tyd in sy lewe.