Belastingbetalers skuld NamRA R73 miljard

Belastingbetalers skuld die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, altesaam 73 miljard Namibiese dollar in onbetaalde belasting, boetes en rente, wat verliese in inkomste aandui. Die kommissaris van die agentskap, Sam Shivute, sê uitstaande belastinggelde van individue en korporasies het op 1 April op 73 miljard gestaan, waarvan 43 miljard vir boetes is, 16,5 miljard in die vorm van kapitaal en 12,6 miljard vir rente. NamRa het ‘n sperdatum vir sy amnestieprogram vir 31 Oktober 2024 vasgestel is, waarin dit verligting aan belastingbetalers bied en boetes en rente afskryf.