Belangrikheid van kleinskaalse visserye beklemtoon

Kleinskaalse visserye is uiters belangrik vir Namibië met meer as 280 000 wat hul lewensbestaan daaruit maak. ‘n Nasionale plan vir kleinskaalse visserye sal die week deur die ministerie van visserye en die VN se voedsel- en landbou-organisasie bekend gestel word op Swakopmund. Die plan is belangrik omdat dit die belangrikheid van kleinskaalse visserye bevestig en ook die land se visbronne as ’n belangrike sosioëkonomiese lewensbestaan opsie beklemtoon.