BEE het nie SA se ekonomie vernietig nie – Cyril

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê rolspelers moet saamwerk om die grense van breë-basis swart ekonomiese bemagtiging uit te brei en enige pogings om dit te vernou, teenstaan. Hy het by die dinee van die Black Business Council se beraad in Midrand, Johannesburg, gepraat. Ramaphosa sê hulle aanvaar nie die argument dat swart ekonomiese bemagtiging ‘n vernietigende uitwerking op die ekonomie gehad het nie: