Barty se aftrede laat groot leemte

Die uitvoerende hoof van die Vroue Tennisvereniging, Steve Simon, sê Ashleigh Barty het haarself as een van die groot kampioene in vrouetennis gevestig. Die Australiër, wat drie Grand Slam-titels gewen het, het die sportwêreld geskok deur haar uittrede op 25 aan te kondig. Sy sê sy verlaat die sport om ander drome na te jaag. Simon sê Barty, met haar kenmerkende snyrughandhou en haar reputasie as die beste moontlike teenstander, het met haar voorbeeld gelei deur elke wedstryd professioneel en in goeie sportmangees aan te pak. Hy sê Barty laat ‘n groot leemte.