MeerKAT ontdek radiosirkels

Die sterrekunde se jongste geheimsinnige voorwerpe, vreemde radiosirkels, is deur ‘n internasionale span sterrekundiges duidelik in fokus gebring. Sedert die Australiese veelvuldige radioteleskoopprojek, Pathfinder, dit in 2020 ontdek het, het die vreemde radiosirkels aandag getrek. Carolina Odman van die Suid-Afrikaanse instituut vir data-intensiewe astronomie sê ‘n nuwe beeld met fyn besonderhede wat deur die MeerKAT-radioteleskoop in die Noord-Kaap vasgevang is, verskaf nou meer inligting aan navorsers: