Banke word die week N$50m in mosiehof geskuld
Daar was 104 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend. Kommersiële banke het 47 van die aansoeke gebring met ‘n totaal van amper 50 miljoen Namibiese dollar wat betaalbaar is. Die banke soek 22 eiendomme ter waarde van 43,9 miljoen dollar in skuld terug en eis ook 5,947 miljoen dollar in onbetaalde lenings terug. Twee voertuie moet terugbesorg word. Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het die sessies hanteer. In Maandag se sessie sal regter Nate Ndauendapo 51 onverdedigde egskeidings hanteer.