Baie ruimte vir beleggings in Afrika

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op die sakegemeenskap om meer in Afrika te belê en oplossings te vind vir die vinnige ekonomiese, tegnologiese en maatskaplike veranderinge wat op pad is. Hy het by die Brics-sakeforum se leiersdialoog in Johannesburg gepraat. Hy sê vanuit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt is daar massiewe onbenutte beleggingspotensiaal in die land en op die vasteland. Ramaphosa sê Brics-lande het geleentheid om by te dra en deel te neem aan Afrika se verhaal van groei: