Azapo ondersteun Tshwane-stakers
Die Azanian People’s Organisation het sy solidariteit en onwrikbare steun vir die munisipale vakbond, Samwu, aangekondig in die voortslepende staking oor salarisse in die Stad Tshwane. Azapo sê dit is in reaksie op die stad se voorneme om ‘n bevel van die bedingingsraad te betwis wat ‘n verhoging van 5,4-persent goedkeur ten einde die vyf weke lange staking te beëindig. Die stad voer aan hy kan nie die verhoging bekostig nie. ʼn Woordvoerder van Azapo, Chris Swepu, veroordeel die stad se standpunt ten sterkste en beskou dit as ‘n belediging van werkers se waardigheid: