Assange en Moris trou, in Belmarsh

Julian Assange het met sy lewensmaat, Stella Moris by die Belmarsh-gevangenis in Londen getrou. Assange is reeds sedert 2019 in Belmarsh terwyl hy ‘n uitleweringsbevel na die VSA beveg. WikiLeaks het beeldmateriaal op Twitter gepubliseer van Moris wat joernaliste en ondersteuners toespreek het na die seremonie. Dit was nie onmiddellik duidelik wie die seremonie bygewoon het en of die egpaar toegelaat is om ’n onthaal te hou of tyd alleen deur te bring ná die troue nie.