Aspersies moet waai, hulle weerhou die reën…

Daar is oproer by die aspersie-plantasie naby Etunda in die Omusati-streek. Die inwoners en oproeriges sê Otjimbele Asparagus het ‘n toestel opgerig wat reënval verhoed, ten spyte daarvan dat daar kitsvloede Donderdagnag voorgekom het. Maar, hulle hou voet by stuk. Generosa Andowa, ‘n verteenwoordiger van die groep eis dat alle bedrywighede teen môre gestaak word.