Armpies te kort? Stamp hulle met jou kop!

Wetenskaplikes in Argentinië die oorblyfsels van ‘n voorheen onbekende spesie vleis vretende dinosourus wat sowat 70 miljoen jaar gelede geleef het wat swak arms gehad het en moontlik sy kragtige kop gebruik het om sy prooi te stamp, opgegrawe. Die fossielskedel van die Kryt-tydperk, genaamd Guemesia ochoai, is in Argentinië se noordwestelike Salta-provinsie ontdek. Die navorsers het gesê dit behoort waarskynlik aan ‘n vleisetende groep dinosourusse genaamd abelisaurs, wat op twee bene geloop het en net kort armpies gehad het, selfs korter as dié van Noord-Amerika se Tyrannosaurus rex. Die kort arms het dalk vir Guemesia gedwing om op sy kragtige skedel en kake staat te maak, het die navorsers gesê.