Skoolvoedingsprogam word uitgebrei, meer as 50% van leerders maak tans staat daarop

Met net meer as die helfte van Namibië se ongeveer 800 000 leerders wat afhanklik is van die onderwysministerie se skoolvoedingsprogram, het Kosmos 94.1 Nuus uitgevind of die program steeds voortduur en of daar probleme is wat ‘n impak daarop het. Volgens Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, word die voedingsprogram geïmplementeer en sal dit binnekort na ander streke uitgebrei word.