Anti-LGBTQ-groep ruk op na parlement vandag

Die Stop Homosexuality and Same Sex Marriages-komitee sal oor die volgende drie dae, terwyl die parlement in sitting is, na die Tintenpalast in die hoofstad opruk. Die wetsontwerp in die verband, wat deur Swapo-LP Jerry Ekandjo ter tafel gelê is, word volgens berigte die week bespreek. Die wetsontwerp definieer gade om net ‘n man of vrou te wees en sluit alle selfdegeslag gades uit. Paulus Nuuyoma van die komitee doen ‘n beroep op Namibiërs om vanmiddag aan te sluit.