Staatsamptenare koop bande met regering se voertuigvloot-kaart

Die Teenkorrupsie-kommissie sê die twee werknemers van die ministerie van stedelike ontwikkeling wat van korrupsie aangekla word, sal weer op 17 November in die hof verskyn. Die twee, Leilla Maartin, 33, en Vilho limene, 36, het volgens die staat ses bande vir ‘n privaatvoertuig gekoop met vier wat reeds opgesit en gebalanseer is. Hulle het die ministerie se voertuigvloot-kaart gebruik om daarvoor te betaal. Josephine Nghituwamata, woordvoerder by die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.