Kat per ongeluk in Amazon-terugsendingboks

Amazon se terugstuur afdeling het ‘n heel ander tipe item in ‘n boks gevind in hul pakhuis in Kalifornië – ‘n harige item wat ses dae tevore vanuit Utah gepos is. Een wat purr.

Brandy Hunter wat in beheer is van die afdeling was nie by die werk die dag nie, maar haar kollegas het haar geskakel om te sê hulle het ‘n kat in ‘n boks gevind.

 “Ek was nie op skof nie, maar het na die fasiliteit gegaan met katkos en ‘n katmandjie om te kyk of ek kan help.” Die kat was aanvanklik bang en wou niks eet nie.

“Sy het uiteindelik toegelaat om vertroetel te word,” het Hunter gesê.

“Ek kon agterkom dat sy aan iemand behoort aan die manier waarop sy haar gedra het, so ek het haar daardie aand huis toe geneem.”

Die volgende dag het sy na die naaste veearts gegaan om seker maak die kat is gesond en om te kyk vir ‘n mikroskyfie, wat dalk die geheim van haar identiteit kon bevat.

Intussen, sowat 1 000 kilometer verder in Lehi, Utah, het Carrie Stevens Clark naarstiglik gesoek na haar verlore kat, wat toe vir byna ‘n week vermis was.

Galena, ‘n sesjarige binnenshuise korthaar, is geneig om stil te wees en het dikwels in ongemaklike situasies gevries. Sy was ook mal oor bokse.

En Clark se familie was lief vir haar.

Terug in Kalifornië het Hunter die 4-voetige na die veearts geneem.

‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat sy nie beseer is nie en net effens gedehidreer is. Die veearts het ‘n mikroskyfie gevind.

Hulle het die kat se eienaar geskakel in Utah en Clark het aanvanklik gedink dit was ‘n slenter of ‘n gekke grap.

Maar hoe het dit gebeur? Bokse is Galena se absolute gunsteling plek om in te speel.

Op 10 April het Carrie, saam met haar man Matt Clark, werkstewels opgepak om te verskeep.

“My man het die skoene opgepak en hy het een paar gehou en die ander vyf terug in die boks gesit. Ons vermoed Galena het toe haar kans gevat en in die een boks geklim.”

Gelukkig is Galena nou veilig weer tuis by haar familie.