ANC het nuwe vereistes vir leiers

Die ANC het na wat berig word nuwe vereistes waaraan geskikte leiers in munisipaliteite moet voldoen. Die party wil ontslae raak van die lukraakte manier van kies, veral weens die sosiale en ekonomiese probleme wat die insig van bekwame verteenwoordigers vra. Burgemeesters moet nou tersiêre opleiding hê. Nuwe burgemeesterskomiteelede in die metro’s moet ‘n diploma hê om te kwalifiseer en in die kleiner munisipaliteite is matriek met erkenning van voorafstudie voldoende.