Europa ervaar op die oomblik die vierde vlaag van die Covid-19-pandemie

Europa ervaar op die oomblik ‘n vierde vlaag van die Covid-pandemie. Die afgelope week is sowat 1,8 miljoen nuwe Covid-gevalle en 24 000 sterftes in die Europese streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie aangemeld. Europa is die grootste mark vir die Namibiese toerismesektor en volgens Nrupesh Soni, stigter van Namibia Travel and Tourism Forum, is dit ‘n bron van kommer vir die toerismebedryf.