Amerika onthou slagoffers van wapengeweld

Daar is verskeie geleenthede regoor die VSA gehou vir die slagoffers van wapengeweld. President Joe Biden is die eerste president wat ‘n waak bygewoon het, die een in Washington wat die slagoffers van die 2012 Sandy Hook massaskietery, waar 20 dood is, onthou het. Wapengeweld is ‘n baie groot uitdaging vir die VSA en in die bloedigste jaar tot dusver is daar 45 222 in 2020 so dood. Biden sê hy weet hoe dit voel.