Nepad identifiseer aandrywers van konflik in Afrika

Die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling, Nepad, glo armoede, marginalisering en ongelykheid is sleutel-aandrywers van konflik. Die nuwe uitvoerende hoof, Nardos Bekele-Thomas, sê die vasteland moet stappe doen om hierdie uitdagings uit te roei. Sy het tydens die Energise Africa-geleentheid gesê nie een van die doelwitte kan bereik word sonder eenheid nie. Bekele-Thomas sê Nepad is een van die sentrale agentskappe van die Afrika-unie wat veronderstel is om ontwikkeling op die vasteland aan te spoor: