Swakop nader voltooiing van sewe sanitasiesentrums

In ‘n poging om ‘n korttermyn-oplossing te vind om sanitasie in die informele nedersettings op Swakopmund te verbeter, nader die munisipaliteit die voltooiing van sewe sanitasie-sentrums. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, is dit ‘n oplossing terwyl gepoog word om volledige toegang tot riool-dienste te verskaf. Sy sê die rioolnetwerk en verskeie pompstasies is ontwrig as gevolg van sand, klippe en ander vreemde voorwerpe wat in die rioolnetwerk gestort is.