Almal het vetter geword tydens die ’20-inperkings

En, het jy ‘n paar vetrolle tydens die Covid-inperking bygekry? Jy is nie alleen nie… ’n Nuwe studie het bevind dat meer mense in die eerste jaar van die Covid-19-pandemie as vetsugtig geweeg het as in 2019.  Dit kom na ‘n opname oor wydverspreide gewigstoename gedurende 2020. Die navorsing, wat in die vaktydskrif American Journal of Preventive Medicine gepubliseer is, toon dat gedrag tydens die pandemie verander het en dat dit riskante dieet en ander gewoontes gekweek het. Volwassenes wat gewigstoename aangemeld het, het ook meer gereelde peuselhappies en alkoholinname gerapporteer sowel as verhoogde eetgewoontes in reaksie op sig, reuk, stres en verminderde fisieke aktiwiteit.