Aktivis spreek jeugwerkloosheid aan

Maatskaplike geregtigheid-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma is op 31 Maart in hegtenis geneem tydens ‘n betoging teen jeugwerkloosheid wat op 48 persent staan, maar is in Oktober onskuldig bevind. Nauyoma het intussen ‘n skakel op sosiale media genaamd “Empowerment Hub” geskep. Die doel hiervan is om werklose Namibiërs met werke te verbind, insluitend toevallige werksgeleenthede, opleiding en geleenthede vir opvoeding. Nauyoma het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle beoog om sakelui, veral mikro-, klein- en medium-grote ondernemings, met markte te verbind en moedig die publiek aan om op die skakel te registreer.