AfriForum: Malema moet nou Gelykheidshof toe

Die drukgroep AfriForum sê die Menseregtekommissie het belowe die EFF-leier Julius Malema, sal na die Gelykheidshof geneem word as hy nie binne tien dae op sy eise reageer nie. Die kommissie het opgetree na uitsprake van Malema wat as haatspraak en aanhitsing tot geweld beskou word. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle het klagtes by die kommissie ingedien ná Malema die EFF se provinsiale vergadering in die Wes-Kaap toegespreek het.