Sebastian Vettel jaag in sy laaste Formule 1 in Abu Dhabi

Motorsport: Lewis Hamilton het volgens berigte al 20 Formule Een-renjaers verlede week vir ete uitgeneem om sy ou mededinger, Sebastian Vettel, se uittrede uit die sport te vier. Die Aston Martin-renjaer spring in sy 229ste en finale wedren in die negende plek weg in die laaste Grand Prix van die seisoen vanmiddag in Abu Dhabi. Die twee Red Bull-motors is in die voorste ry na die wêreldkampioen, Max Verstappen, die vinnigste ronde in die kwalifiserende sessie voor Sergio Perez opgestel het.