African Parks sal Hume se Platinum Rhino oorneem

Daar is goeie nuus vir Afrika se beleërde renosters. Die spesie is ’n beduidende reddingsboei gegee met die aankondiging dat byna 2 000 semi-wilde renosters wat deur die Suid-Afrikaanse renosterteler John Hume besit word, oor die volgende tien jaar in reservate regoor Suid-Afrika en ander dele van die vasteland vrygelaat sal word. African Parks, ‘n privaat Johannesburg-gebaseerde bewarings-organisasie, wat 22 beskermde gebiede in vennootskap met 12 regerings regoor Afrika bestuur, het op bevestig dat hy ingetree het as die nuwe eienaar van die wêreld se grootste privaat renosterteelbedryf, die Platinum Rhino-projek, ‘n eiendom van 7 800 hektaar in Noordwes. Die 81-jarige Hume het die eiendom op 1 Mei vanjaar met ‘n reserweprys van 10 miljoen Amerikaanse dollar probeer opveil maar het geen aanbod ontvang nie. Die besonderhede van die transaksie is nie bekend nie.