AfrForum meen hy het sterk saak oor rybewyseAugust 9, 2023
Die burgerregte-organisasie in die buurland AfriForum meen hy het ‘n sterk saak in sy hofstryd teen die vyfjaar-hernuwingstydperk vir bestuurslisensies. Die Hooggeregshof in Pretoria het gister uitspraak voorbehou. AfriForum eis dat hof onder meer ‘n verklarende bevel uitreik, wat bepaal dat die vyfjaar-geldigheidstydperk van bestuurslisensies ongrondwetlik is. Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud, Ernst van Zyl, sê hulle eis ook dat alle boetes wat uitgereik word vir lisensies wat verval het, ongrondwetlik is.