Toerismeherstelplan môre in Windhoek bespreek

Die Namibiese toerismeministerie nooi toerisme-ondernemings in die Khomas-streek uit na ‘n vergadering môre oor die Toerismeherstelplan van 2022 tot 2024 uit. Die geleentheid vind môreoggend vanaf nege-uur tot die middag een-uur by die Khomas-streeksraad in die hoofstad plaas. Die ministerie hou vanaf November 2021 tot 15 Februarie konsultasievergaderings met belanghebbendes in die verskeie streke vir die herstel van die toerismebedryf tydens die Covid-pandemie.