Afdanking van Makhubele word verwelkom
ActionSA in Johannesburg het die afdanking van die Stad Johannesburg se Speaker, Colleen Makhubele, verwelkom en sê sy sal onthou word vir talle onakkuraathede en flaters in die raad. Die Cope-leier, Mosioua Lekota, het Makhubele gister in die pad gesteek oor haar aankondiging dat die party by die nuutgestigte politieke alliansie, die South African Rainbow Alliance aangesluit het, sonder sy goedkeuring. Khomo Mashala van ActionSA, sê die stadsbestuurder moet nou ‘n buitengewone raadsvergadering byeenroep waar ‘n nuwe Speaker verkies kan word wat die staande raadsreëls sal nakom: