Afcon 2027: Oudit op infrastruktuur begin

Botswana en Namibië, wat gesamentlik bie om die 2027 Afcon aan te bied, het begin met ‘n oudit van fasiliteite in die twee lande. Volgens wat berig word het Botswana reeds afgeskop met die proses terwyl Namibië binnekort sal begin. Op die oomblik is die relevante konsultante in die buurland besig met die oudit en sal daarna na Namibië kom om dieselfde prosedure hier uit te voer. Die hoof van die sogenaamde BONA-2027 sekretariaat, Geoffrey Gare, is van mening dat die twee lande baie fondse sal moet bestee op bestaande infrastruktuur maar dat dit tot die voordeel van al twee lande sal wees. Tans het Namibië nie meer een stadion wat deur internasionale sokker-liggame as aanvaarbaar geag word nie.