Suid-Afrikaners moet waaksaam wees – twee gevalle van cholera

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om waaksaam te wees ná die opsporing van twee cholera-gevalle in die land. Die laboratorium-bevestigde sake is verbind met twee susters wat van Johannesburg in Gauteng na Malawi gereis het vir ‘n begrafnis. Die departement se woordvoerder Foster Mohale sê hulle is tans besig om almal op te spoor wat noue kontak met die susters gemaak het.