Kongres ingelig oor Trump-dokumente

Amerikaanse kongresleiers is volgens berigte agter geslote deure inligting aangebied oor die ondersoek na sowat 300 geklassifiseerde dokumente waarop verlede jaar by oudpresident Donald Trump se Mar-a-Lago-oord beslag gelê is. Die onbevestigde aanbod is gemaak deur amptenare van die Departement van Justisie en die kantoor van die direkt09:00eur van nasionale intelligensie. Die departement is ook besig met ‘n aparte ondersoek na die ontdekking van dokumente wat as geklassifiseerd gemerk is wat by President Joe Biden se woning in Delaware en sy vorige kantoor in Washington gevind is.