Adjunk-handelsminister open Ongwediva-handelskou amptelik
Die 22ste Ongwediva-handelskou is in volle swang en is ‘n miernes van bedrywighede. Die gewilde skou wat ‘n groot ekonomiese inspuiting vir die Noorde is, spog met meer as 400 uitstallers, wat buitelandse uitstallers insluit. Die skou is vandag amptelik deur adjunkminister van handel, Verna Sinimbo, geopen. Sy sê handelskoue skep ‘n forum vir vennootskappe en bevorder klein en medium ondernemings. Sinimbo sê ondanks ekonomiese uitdagings soos werkloosheid en die droogte, het Namibië gunstige marktoestande vir produkte en dienste vir internasionale handel geskep. Die handelskou duur tot 2 September voort.