Adele praat oor alles – angs, gewig, drank, skei

Die Britse sangeres, Adele het in ‘n onderhoud met Oprah Winfrey gepraat oor haar egskeiding en die gepaardgaande angsaanvalle wat sy as gevolg daarvan gekry het. Sy sê om haar angs onder beheer te kry het sy begin oefen en sonder om ‘n teiken daarvoor te stel, het sy oor twee jaar amper 45 kilogram verloor. Maar, sy het aan Oprah gesê, dat die kwessie van gewig nie eintlik ‘n kwessie is nie.