SA se skuldvlakke skok diep

Suid-Afrikaanse verbruikers se skuldsituasie is volgens berigte besig om te versleg. Talle mense wend hulle steeds na onversekerde krediet om hulle salarisse aan te vul. Volgens DebtBusters se jongste skuld-aanwyser het werklike inkomste die afgelope vyf jaar met 24 persent gekrimp. Intussen is die skuld-tot-netto-inkomste-koers tans ‘n skokkende 116 persent oor alle inkomstegroepe. DebtBusters se hoof, Benay Sager, sê ten spyte hiervan het die aantal mense wat skuldberading suksesvol voltooi het, in dieselfde tydperk sesvoudig toegeneem. Data toon ook skuld van 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in 2021 terugbetaal.